top of page

Min mense weet dat die storie van Doringrosie eintlik sy oorsprong in die Gamtoos vallei het. Die storie word daar vertel van Kosie Diedericks, wat een aand by die Patensie buiteklub ‘n onortodokse hoeveelheid dennebol-mampoer by sy gulsige keelgat afgegooi het. Daarna het hy in sy dronke stupor die veld in gewandel en onder ‘n doringboom aan die slaap geraak. Sy nooi, Amanda, was ‘n stewige dame wat van tweede porsies en sweet gehou het. Sy was boonop so lank, dat sy eende kon jag met ‘n hark. Soos ‘n Calvinistiese metgesel betaam, het Amanda haar beminde gaan soek en hom onder die boom aangetref. Uitasem het sy vir hom gefluister: “Grawe in vir my, Baberbekkie” en hom gekus. Kosie het wakker geword, diep in Amanda se oë gekyk en gesê: “Sanet, ek het jou gemis my ou ploegskaartjie”. Nodeloos om te sê was Amand