top of page

Tydens die Anglo-Boereoorlog het die Krygskommissaris gesorg dat stryders in die veld alles gekry het wat hulle sou nodig hê om ‘n veldslag te wen. Vir moderne mans se figuurlike oorlog teen duur jagplase, polities korrekte geselskap en dames wat nie hulle eie handsakke wil vashou nie, is daar Buffelsfontein “Die Krygskommissaris” baard-olie. Dit ruik na ons gunsteling geweerolie en bosveld kruie wat pas gesaag is. So as jy hoogsomer die jagveld mis, is hierdie een net vir jou. Ons geheime mengsel olies sal elke haar koester en gesond hou. Jou baard sal so netjies vertoon soos ‘n trotse offisier… en so gevaarlik soos ‘n troep wie se meisie deur ‘n civvie afgevry is.

Buffelsfontein Baardolie - Krygskommisaris

SKU: B6
R230,00Price

    Related Products

    bottom of page